Die dubbele aantrekkingskrag van residensiële eiendom

29 March 2017

Daar is meer aan residensiële eiendom wat dit aantreklik maak as die dak wat dit oor jou kop bied. Baie daarvan het met die opbou van welvaart te doen. Residensiële eiendom bly ’n integrale deel van welvaartskeppende portefeuljes. Individue met ’n hoë netto waarde (HNWI’S) en ’n ultra hoë netto waarde (UHNWI’S) – onder hulle 40 400 Suid-afrikaners wat dollarmiljoenêrs is, volgens New World Wealth – bly ten gunste van eiendom as bateklas en baie van hulle maak op die residensiële sektor staat om hul aansienlike welvaart verder uit te bou. Residensiële eiendom maak ’n kwart van die gemiddelde UHNWI se belêbare welvaart uit en die toewysing aan residensiële eiendom sal na verwagting oor die volgende tien jaar toeneem, luidens Knight Frank se welvaartverslag vir 2016. Wêreldwyd spits UHNWI’S en HNWI’S hul koopvoornemens toe op grond vir ontwikkeling en landbou, gevolg deur residensiële eiendom (sien staafgrafiek), met residensieel die topkeuse vir HNWI’S in Asië in die volgende vyf jaar, luidens navorsing deur Savills.